Nampol en landbou-unies vergader oor veediefstal

Die Namibiese polisie vergader môre met die landbou-unies van Namibië oor veral veediefstal en ander misdaad waarmee boere te doen kry. Destyds, toe luitenant-generaal Joseph Shikongo nog in beheer was van operasies by die mag, het hy ook verskeie streeksvergaderings in die verband gehou. Die misdaad kom toenemend voor en in die 2021-22 boekjaar is meer as 3 000 gevalle bevestig. Die president van die Namibiese Landbou-unie Piet Gouws, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.