Nampol-duikers vind liggaam in Visrivier

Die Namibiese polisie se duikers het vandag die liggaam van die sakeman van Tses wat Sondagnamiddag in die Visrivier in die Karas-streek verdrink het, gevind. Die 47-jarge man Otto Kainkop en sy 15-jarige seun het gaan visvang by die Visrivier naby Tses en die Kainkop het in die water geval. Nampol is van die voorval ingelig en soek-en-reddingspanne van die Karas-streek is ontplooi om te help soek, maar hulle was onsuksesvol. Die hulp van meer ervare duikers is uit die hoofstad ingeroep wat die man se liggaam vandag gevind het.