Nampol: Brandblussers nie verpligtend in voertuie

As deel van polisie- of verkeersbeamptes by padblokkades se werk, is om te sorg dat die bestuurder in besit van die nodige dokumente en die voertuig padwaardig is. Vandag is ‘n motoris by die Kappsfarm-padblokkade tussen Windhoek en die Internasionale Hosea Kutako Lughawe gestop en daar is vereis dat brandblussers in die voertuig moet wees. Die Namibiese polisie se bevelvoerder van die Khomasstreek, kommissaris Ismael Basson, sê aan Kosmos 94.1 Nuus dit is raadsaam om ‘n brandblusser in ‘n voertuig te hê, maar beslis nie verpligtend nie.