Pioneer Foods onttrek sekere Safari-neute, ook in Namibië

Pioneer Foods het ‘n besending grondbone, rosyne en kasjoeneute herroep wat onder sy Safari-handelsmerk in Namibië, Suid-Afrika en Botswana verkoop word. Dit volg op roetine-toetse wat in KwaZulu-Natal gedoen is en waarin ‘n besending van die produkte geïdentifiseer is wat positief getoets het vir lae vlakke van salmonella. Volgens Pioneer Foods is produksie gestaak. Die maatskappy sê geen gesondheidsverwante klagtes is van verbruikers ontvang nie en ten minste 92 persent van die produkte is reeds teruggeneem.