NamPol bied leierskapskursus aan vir stasiebevelvoerders

Die Namibiese Polisiemag, saam met die Namibiese Instituut vir Publieke Administrasie en Bestuur, bied leierskapontwikkelings-opleiding by Rundu aan. Die kursus word bygewoon deur 36 stasiebevelvoerders van al 14 streke en sal oor vyf dae strek. Die polisiehoof, luitenant-generaal Joseph Shikongo, het die kursusgangers toegespreek en die belangrikheid van statsiebevelvoerders onderstreep.