Nampol bevestig rooftog deur winkelwerkers

Die Namibiese polisie het die rooftog by die Cosmetica-winkel by die Black Chain-inkoopsentrum. bevestig Volgens Nampol het die verdagtes met ‘n mes in die winkel ingegaan en met kontant van meer as 100 000 Namibiese dollar weggehardloop. Een verdgate is ‘n voormalige werker, terwyl die ander een tans in diens van die winkel is. Die twee mans, onderskeidelik 27 en 25 jaar oud, is in hegtenis geneem en 18 680 dollar is teruggevind. Nog verdagtes word deur die polisie gesoek. Nampol se adjudant-offisier Silas Shipandeni sê aan Kosmos 94.1 Nuus dit was ‘n beplande rooftog.