Cites bepaal invoer- en uitvoerpermitte vir kiaat

Alle kiaathout sal voortaan invoer- en uitvoerpermitte van die konvensie oor die handel in bedreigde spesies, Cites, benodig. Kiaat is een van die mees gesogte houtspesies wat in die meeste Suider-Afrikaanse lande voorkom, insluitend Namibië. Dit volg op ’n voorstel wat deur Benin, die Ivoorkus, die Europese Unie EU en Senegal by Cites ingedien is om djati-hout en Afrika-mahonie, onder aanhangsel II te lys. Die is uiteindelik by die COP Cites-beraad in Panama aangeneem. Die woordvoerder van die omgewingsministerie Romeo Muyunda sê daar sal van alle uitvoerders en invoerders van kiaat vereis word om aansoek te doen vir Cites-permitte by die ministerie se permitkantoor.