Nampol bevestig liggame van ‘n man en seun in Windhoek gevind

Die Namibiese polisie het bevestig dat twee liggame, dié van ‘n volwasse man en ‘n seun, tydens ‘n gesamentlike operasie met die Stad Windhoek se nooddienste naby die Pionier Seunsskool in die hoofstad gevind is. Hul liggame is glo meegesleur ná Woensdag se stortreën en vloede. Elf straatkinders word steeds vermis. Nampol se adjudant-offisier Silas Shipandeni sê dit kan nie bevestig word of dié liggame dié van die vermiste straatkinders is nie.