Nampol bekommerd oor stygende selfmoord-koers

Volgens die Namibiese polisie is meer selfmoord-voorvalle die afgelope Paasnaweek landwyd aangeteken in vergelyking met verlede jaar. Die jongste persoon wat hul eie lewe geneem het, was ‘n 21-jarige man, terwyl die oudste ‘n 84-jarige vrou was. Ses mense het die Paasnaweek hul eie lewe geneem, met nog twee selfmoord-voorvalle van onderskeidelik ‘n vrou in Windhoek, asook ‘n vermeende dubbele moordenaar in die Noorde, wat die afgelope twee dae aangemeld is. Nampol doen ‘n beroep op Namibiërs om die kwessie van selfmoord aan te spreek. Hoofinspekteur Elifas Kuwinga, woordvoerder van die Nampol sê die groeiende koers van selfmoord-sake in die land dui daarop dat dringende ingryping nodig is.