PDM: Onderwysprobleme word jaar na jaar nie opgelos

Die Popular Democratic Movement se skaduminister van finansies Nico Smit het vandag ‘n mosie in die parlement ter tafel gelê oor die ondersoek en volledige oudit van die uitgawes van die 14,1 miljard Namibiese dollar wat vir die onderwysministerie toegeken is met ‘n omvattende oorsig van infrastruktuur en handboek-uitgawes. Die leier van die PDM McHenry Venaani het Smit ondersteun deur te sê elke jaar word daar gewag vir die eksamenuitslae in Januarie om weer eens die kommerwekkende stand van onderwys in die land te takel.