Nampol-baas loof lede vir inhegtenisname

Die Erongo-polisie het bevestig dat die sekuriteitswag wat net minder as ‘n week gelede meer as 300 000 Namibiese dollar in kontant gesteel het, gevang is. Die geld was bestem vir kitsbanke in Arandis en die wag is in die DRC-buurt in Swakopmund vasgetrek. Die hoof van die mag, luitenant-generaal Sebastian Ndeitunga het sy lede geloof vir hulle harde werk.