NamLAN is terug by SKW

En nou, ‘n ongewone sport. Die Namibiese Elektroniese Sportvereniging nooi spelers, entoesiaste en aanhangers uit na “NamLAN – LAN of the Brave 2023”, die rekenaarspele-extravaganza wat die spele-gemeenskap bymekaar sal bring vir ‘n onvergeetlike ervaring. Dit is ‘n spele-fees van vier dae wat van vandag tot Sondag by die SKW-hoofsaal aangebied word. Kosmos 94.1 Sportnuus het gesels met Flip De Bruyn, die president van die Namibiese Elektroniese Sportvereniging.