Namibiese wildveearts in brand beseer

Die bekende Namibiese wildveearts, dr. Ulf Tubbesing, het ernstige brandwonde tydens ‘n brand op sy plaas in die omgewing van Brakwater opgedoen. Volgens sy assistent, Mariska Bijsterbosch, is hy in die hospitaal opgeneem en het hy brandwonde oor 25 persent van sy lyf. Volgens haar het ‘n groot deel van sy plaas gister afgebrand. Bisjterbosch bedank almak wat gehelp het om die vuur te probeer blus voor dit die huis bereik het.