Namibiese wanvoeding-syfers skok

Wanvoeding bly ‘n verwoestende krisis in Afrika. Miljoene kinders en gesinne sukkel om die voedsame voedsel wat hulle nodig het om te floreer in die hande te kry. Alhoewel daar ‘n mate van vordering was, is verdwerging- en vermaerdingsyfers veels te hoog, veral in konflikgebiede en droogtegeteisterde gebiede. By ‘n oorhandiging van terapeutiese voedsel aan die gesondheidministerie het ‘n Unicef-verteenwoordiger, Samuel Ocram, skokkende statistieke oor wanvoeding in Namibië gegee.