‘Namibiese vervoerbedryf te klein vir nóg vakbonde’

‘n Kenner in die Namibiese logistieke bedryf, gee sy reaksie oor ‘n nuwe vervoervakbond, genaamd die Namibia Revolutionary Transport Union oftewel Naretu, wat vandag in die hoofstad gestig is. Naretu se hoof, Petersen Kambinda, het gesê die vakbond is gestig om die regte, belange en eer van werkers in die logistieke en vervoersektor te beskerm. Vervoerkenner Stefan Terblanche het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hoewel hy nie vir die werkers kan praat nie, dink hy dat die bedryf te klein is vir meer vakbonde.