Namibiese vervoerbedryf reageer op daling in brandstofprys

Die Namibiese vervoer-bedryf het gereageer op die daling in die plaaslike brandstofprys wat minister Tom Alweendo vanoggend aangekondig het. Petrol is af met 1 Namibiese dollar en 20 sent ‘n liter en diesel met 65 sent ‘n liter. Stefan Terblanche, uitvoerende hoof van FP du Toit Transport, sê aan Kosmos 94.1 Nuus hoe die daling van die brandstofprys die logistieke bedryf raak.