AfriForum gaan steeds voort met hofsaak oor rybewyse

AfriForum gaan steeds voort met sy hofsaak teen die minister van vervoer, Fikile Mbalula, om die geldigheidstydperk van rybewyse te skrap. Die groep beoog ook om ‘n verklarende bevel te kry vir motoriste om nie gestraf te word wanneer hulle met rybewys-kaarte bestuur wat verval het nie. AfriForum se woordvoerder, Reiner Duvenage, sê die groep het ook bedenkinge oor die instel van nuwe lisensie-kaarte, aangesien die departement van vervoer nie ‘n baie goeie geskiedenis het nie.