Namibiese verbruikers nou beter beskerm

Die Namibiese handelsminister, Lucia Iipumbu, het vandag die Nasionale Verbruikersbeskermingsbeleid van 2020-2025 en die GS1 Lisensie van stapel gestuur. Iipumbu het dit beskryf as ‘n mylpaal vir die regering om doeltreffende kwaliteit diens in die sakegemeenskap te verseker. Elijah Mukubonda, hoofinligtingsbeampte van die ministerie, sê aan Kosmos 94.1 Nuus die beleid beskerm die verbruiker.