Namibiese vakbonde in twyfel getrek

Namibiese werkers wat lede van vakbonde is, begin wonder of dit die moeite werd is. Kan werkers nog vakbonde vertrou as gekyk word na wat gebeur het met die 1 200 seemanne by Walvisbaai in 2015, die Air Namibia-werkers en nou die NBC-werkers? Die vraag word gevra of nuwe vakbonde nuwe hoop vir Namibiese werkers gee? Kosmos 94.1 het met arbeidskenner Herbert Jauch gesels.