Namibiese toeriste dra toerisme-sektor in 2022

Die direkteur van toerisme in die omgewingsministerie, Sebulon Chicalu, sê binnelandse oornagbesoekers het 2 miljard Namibiese dollar aan kos- en drankdienste bestee in 2022. Hy het gepraat tydens die bekendstelling van die toerisme-satellietrekeningverslag vir daardie jaar. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Gitta Paetzold, die hoof uitvoerende beampte van die Gasvryheidsvereniging van Namibië, wat sê 2022 was ‘n moeilike jaar vir toerisme, maar die sektor se veerkragtigheid is ten toon gestel.