Namibiese toerismesektor verheug oor Airlink se aandeel in FlyNamibia

Die Namibiese toerismesektor is verheug oor die Suid-Afrikaanse redery Airlink wat ‘n 40 persent aandeel in FlyNamibia bekom het. Dit sal FlyNamibia se bestemmings wyd uitbrei. Airlink sal ook tegniese ondersteuning, operasionele bystand sowel as kommersiële opleiding aan FlyNamibia plaaslik bied, sê FlyNamibia se uitvoerende hoof, Andre Compion. Roger Foster, Airlink se uitvoerende hoof sê Namibië sal bydra om ‘n volhoubare streekslugvaartbedryf te bou. Nathaly Ahrens van die Toerisme- en Safari-vereniging van Namibië, Tasa, sê aan Kosmos 94.1 Nuus die uitgebreide roetes is baie goeie nuus vir die Namibiese toerismebedryf.