Namibiese toerismeminister spreek môre die sektor toe

Die Namibiese toerismeminister, Pohamba Shifeta, gaan môreoggend om nege-uur die toerismesektor toespreek oor die kwessies van die herlewing van dié sektor, wat die hardste deur die Covid-pandemie geslaan is. Terselfdertyd gaan die Namibië Toerismeraad ‘n plaaslike toerisme-veldtog van stapel stuur om plaaslike en intra-streekstoerisme in Suider-Afrika ‘n hupstoot te gee.