Namibiese staatskole sluit vroeër

Die Namibiese onderwysministerie het aangekondig dat staatskole nie soos volgens die skoolkalender meer op 15 Desember sluit nie, maar vroeër. Die uitvoerende direkteur, Sanet Steenkamp, sê indien eksamens voltooi is, sal skole vir pre-primêre tot graad 3-leerders Vrydag sluit. Skole vir graad 4 tot graad 10 sal op 9 Desember sluit.