Namibiese skoonmaakveldtog môre van stapel gestuur

Die adjunkminister van die Namibiese omgewingsministerie, Heather Chibugo, gaan môreoggend die nasionale skoonmaakveldtog by Okahandja se Vyfrandkamp van stapel stuur. Namibië hou elke jaar ‘n nasionale skoonmaakveldtog om die land skoon te maak en vullis te verwyder.