Namibiese se totale damvlakke staan op 86,2%

Namibiese damvlakke verskil gering teenoor verlede week se vlakke. Volgens NamWater se weeklikse dambulletin staan die sentrale streek se totale damvlakke op 81,1 persent teenoor verlede week se 81,8 persent. Gobabis se damme is 36,2 persent vol en die Suide se totale damvlakke staan op 88,3 persent met die Nautedam wat 95,2 persent vol is.