Namibiese sakeman sê onrus ruk hand-uit in SA

Die situasie in Suid-Afrika ruk hand-uit met die heersende onrus en protesoptogte. ‘n Namibiese sakeman in die vervoerbedryf, Stefan Terblance, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dit is nie ‘n nuwe probleem in Suid-Afrika nie. Hy sê dit moet ook nie ‘n Zuma-kwessie gemaak word nie, want korrupsie word al lankal in Suid-Afrika toegelaat. Terblanche gee sy mening aan Kosmos 94.1 Nuus.

Terblanche waarsku Namibië moet ook versigtig wees wat toegelaat word. Hy verwys na sjebeens wat in die hoofstad verrys en sê dissipline moet te alle tye geld.