Namibiese rolbalspan gereed vir Statebondspele

Die Namibiese rolbalspan wat in Birmingham aan die Statebondspele gaan deelneem is Cabous ‘Sous’ Olivier end JP Fouche, wat deur hul spanbestuurder Freddie Fouche, vergesel is. Olivier en Fouche sal Namibië verteenwoordig in die grasperk rolbal mans pare-byeenkoms, waar hulle in afdeling A saam met Wallis, Norfolk-eiland, Noord-Ierland en Jamaika geloot is. Olivier sal ook aan die mans-enkelspel-byeenkoms deelneem, waar hy saam met Engeland, Maleisië, Fidji en Jamaika in afdeling C geloot is. Die president van die Namibiese Rolbalvereniging, Michael Wells gesels met Kosmos 94.1 Nuus.