Namibiese riviervlakke styg, vloede kan volg

Die Hidrologiese Dienste in die Namibiese landbouministerie waarsku oor moontlike vloede weens watervlakke van riviere wat styg. Die Oranjerivier is besig om te styg weens vrylating van water uit die Bloemhofdam in Suid-Afrika. Ná die goeie reën in die Suide vloei die Visrivier ook in die Oranjerivier in. Die Zambezi- en Okavango-rivier is ook besig om te styg, maar die watervlakke is steeds laer in vergelyking met verlede jaar die ooreenstemmende tyd.