Namibiese renosterboer bekommerd oor stropery

‘n Namibiese renoster-eienaar het gereageer op die skoksyfers van die 48 gestroopte renosters tot dusver in 2022 in Namibië. Altesaam 32 swartrenosters en 16 witrenosters is gestroop, het die Namibiese omgewingsministerie bevestig. Twaalf swartrenosters is op bewaarder-plase gestroop en 16 witrenosters op private plase. Jaco Muller van die Rhino Momma-projek spreek sy kommer aan Kosmos 94.1 Nuus uit oor die stygende renosterstropery.