Namibiese regering reageer uiteindelik op Oekraïne

Die Namibiese ministerie van internasionale betrekkinge het uiteindelik gereageer op die Russiese inval in die Oekraïne en ‘n beroep op die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad gedoen om ‘n vreedsame oplossing vir die konflik te vind. Die Namibiese ministerie van internasionale betrekkinge is in kontak met die 100 Namibiërs, onder wie die 92 Namibiese studente, in die Oekraïne, en probeer ‘n oplossing te vind om hul veiligheid te verseker. Penda Naanda, die uitvoerende direkteur in die ministerie, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.