Namibiese Reënvalbulletin: Kunene sopnat in Februarie

Die Namibiese Reënvalbulletin vir Februarie lui dat die Kunene-streek uiteindelik in die meeste plekke twee tot drie keer meer reën as die normale reënval ontvang het. Die Erongo-streek en suidelike streke het ook twee tot vier keer gemiddelde reënval vir die maand ontvang, buiten die suidwestelike gebiede. Tog ná die uitstekende reënval in Januarie, het die Zambezi-streek geen tot min reën in Februarie ontvang. Ná onder-gemiddelde reënval in die streke van Omusati, Oshana en Oshikoto, het hulle vir die eerste keer in die reënseisoen gemiddelde reënval in Februarie gehad.