Bilaterale handel groei tussen Wes-Kaap en Amerika

Die Wes-Kaapse LUR vir finansies en ekonomiese geleenthede, David Maynier, sê die merkbare groei in bilaterale handel en belegging tussen die provinsie en Amerika, is ‘n bewys van die voortgesette sukses van die handels- en beleggingsbevorderingsvennootskap. Amerika was vir die eerste keer verlede jaar die provinsie se grootste uitvoermark. Die totale uitvoere het ‘n bedrag van byna 17 miljard rand beloop. Maynier sê hulle gaan die vennootskap volgende week Woensdag by ‘n geleentheid vier.