Namibiese publiek uitgenooi na virtuele begrotingsoorsig

Die Namibiese Kamer van Koophandel en Nywerheid nooi die publiek uit na ‘n virtuele middel-termyn begrotingsoorsig Donderdag met die ministerie van finansies. Die begroting is die belangrikste en mees deurslaggewende instrument in die land se ontwikkelings-agenda, aangesien dit ‘n duidelike aanduiding gee van hoe die land se beperkte hulpbronne toegewys gaan word. Openbare betrokkenheid by die nasionale begrotingsproses in die land bestaan volgens navorsing nie juis nie. Die publiek se insette word verwelkom om die begrotingsproses te beïnvloed om ‘n beter ekonomie te bou. Wilson Shikoto, hoof-skakelbeampte van die ministerie van finansies, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.