Namibiese privaatskole bly oop

Alhoewel die uitvoerende direkteur in die Namibiese onderwysministerie, Sanet Steenkamp aangekondig het dat daar geen skool op Donderdag en Vrydag sal wees nie as gevolg van die beplande stemming deur staatsamptenare, wat onderwysers insluit, sal privaatskole soos normaalweg skool hê. Colette Rieckert van die Privaatskole-vereniging het die nuus aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig.