Namibiese politieke kenner betwyfel stabiele regering

Namibiese President Hage Geingob sê daar is ‘n behoefte vir die land om sy portefeulje van ekonomiese aktiwiteite in strategiese sektore te diversifiseer om toegang tot die Afrika Kontinentale Vryhandelsgebied en die globale mark te ondersteun. Plaaslike politieke kenner, dr. Ndumba Kamwanyah, sê aan Kosmos 94.1 Nuus daar is hoop, maar die bestuurs-aspek laat vrae ontstaan.