Namibiese polisiehoof maan teen moontlike terreuraanvalle op Chinese en hulle besighede in die land

Die Namibiese polisiehoof, luitenant-generaal Sebastian Ndeitunga, het al 14 streekbevelvoerders aangesê om op hul hoede te wees vir moontlike terreuraanvalle op Chinese burgers in Namibië en hulle besighede. Die verdedigingsattaché van die plaaslike Chinese ambassade het Ndeitunga glo gewaarsku oor die beweerde komplot.