Joernaliste in Suid-Afrika gevra om ingeënt te word

Die Suid -Afrikaanse Nasionale Redakteursforum het ‘n beroep op alle joernaliste in die buurland gedoen om ingeënt te word. Joernaliste wat onder die ouderdom van 35 is, kan ook nou die inenting ontvang. Joernaliste bo die ouderdom van 35 jaar word steeds versoek om op die elektroniese inentingsdatastelsel te registreer.