Namibiese Paralimpiese span wen 42 medaljes  

Namibiese atlete met ‘n gestremdhede het uitstekend gevaar by die pas geëindigde 2023 Toyota Suid-Afrikaanse Sportvereniging vir Fisies Gestremdes Nasionale Kampioenskappe in Kaapstad, Suid-Afrika. Die Namibiese Paralimpiese span het 42 medaljes gewen. Dit sluit in 27 goue medaljes, 12 silwer en ses bron medaljes. Span Namibië het in vyf sportkodes meegeding naamlik swem, gewigoptel, handfietsry, doelbal en atletiek. Die jaarlikse kampioenskappe, wat atlete van nege Suid-Afrikaanse provinsies en ander Suider-Afrikaanse lande byeenbring, het van 17 tot 22 Maart by die Groenpunt-stadion plaasgevind.