Drie Namibiese aktiviste bly in aanhouding

Die Namibiese aktiviste Michael Amushelelo, Dimbulukeni Nauyoma en PDM-parlementslid Inna Hengari het vanmiddag in die Windhoekse landdroshof in Katutura verskyn. Landdros Linus Samuzala het beveel die drie beskuldigdes bly in aanhouding tot 29 Maart vir verdere polisie-ondersoeke. Amushelelo se regsman, Samuel Kadhila van Kadhila Amoomo Legal Practitioners, sê hy sal egter môre ‘n formele borgtogaansoek indien. Hulle is op Onafhanklikheidsdag tydens ‘n betoging oor werkloosheid in die hoofstad in hegtenis geneem.