Namibiese oud-losskakel geskok oor oud-Bok se dood

Rugby: Medelye stroom in nadat die voormalige Springbok-losvoorspeler Botha Rossouw vanoggend oorlede is na ‘n bloedklont deur die longe. Hy was 53 jaar oud. Mark Alexander, president van SA Rugby, het hulde aan Rossouw gebring wat deur sy dogter, sy ma, twee broers en ‘n suster oorleef word. Rossouw is aan die einde van 1992 as lid van die Springbok-toergroep na Europa gekies, die eerste Bok-toer sedert hertoelating tot internasionale rugby. Hy het ook vir die Luiperds, Bulle en SWD Arende gespeel. Die voormalige Namibiese losskakel, dr. Rudie van Vuuren, wat al teen die twee meter lange Rossouw uitgedraf het, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels…