Namibiese opposisieleier: NDF kry te groot hap uit begroting

McHenry Venaani, die leier van die amptelike opposisieparty, die Popular Democratic Movement, het vandag in die Nasionale Vergadering die begroting bespreek. Venaani het gesê die Namibiese weermag kry te groot hap van die begroting en die geld kon vir iets anders aangewend word om die ekonomie ‘n hupstoot te gee. Hy sê die grootte van die weermag verseker nie noodwendig sukses nie. Venaani het ‘n voorbeeld van die klein Oekraïnse weermag gemaak wat sterk staan teen Rusland.