Klimaatbestande aksie-projek in Kavango-Oos bekend gestel

Die voorsitter van die Kavango-Oos Boerevereniging en die tussentydse waarnemende voorsitter van die Meatco-direksie, Adolf Muremi, sê ondanks uitdagings in die noordelike kommunale gebiede, doen boere hul bes. Muremi het vandag op Rundu gepraat by die bekendstelling van die lewendehawe-waardeketting-ontwikkeling en klimaatbestande aksie-projek in die noordelike kommunale gebiede in die Kavango-Oos-streek.