Namibiese museums op sosiale media bevorder

Die Goethe-instituut van Namibië, ondersteun deur die Museumvereniging van Namibië (MAN), het onlangs ‘n vyf daagse werksessie gehou vir amptenare van regoor Namibië om die bemarking van museums met behulp van sosiale media te bevorder. Die eerste van die tweedelige opleiding onder die Museum-uitreikprogram het ook gefokus op die algemene bestuur van ‘n museum. Die program spruit voort uit samewerking in die verlede tussen die Goethe-instituut en die Universiteit van Namibië oor die paradigmaskuif in museumkunde in postkoloniale Afrika, met die klem op die belangrikheid van gemeenskapsbetrokkenheid by ‘n museum as ‘n instelling vir erfenisbestuur en -bewaring. Die ontwikkelingsbeampte van die Museumvereniging, Tuuda Haitula, het gesê dat hulle die werkswinkel ontwerp het om interaktief te wees.