Namibiese motorhandelaars verheug oor styging in voertuigverkope

Ondanks rentekoersverhogings, is altesaam 1 045 nuwe voertuie in November in Namibië verkoop, ‘n toename van 966 voertuie vanaf Oktober. Dit is die derde beste maand vir nuwe voertuigverkope en die vierde maand in 2022 wat meer as 1 000 voertuie verkoop is. Voertuigverkope het met 39 persent op ‘n jaargrondslag gestyg en 4,9 persent op ‘n maandgrondslag. In November was dit die eerste keer sedert Julie dat passasiersvoertuie se verkope, altesaam 531 voertuie, die verkope van kommersiële voertuie oorskry het. Die hoofbestuurder van Indongo Toyota, Willie Verdoes, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.