Healingwounds hou optog teen geslagsgeweld in Kuisebmund

Die Healingwounds-vereniging gaan vanoggend om tien-uur ‘n veldtog genaamd HerVoiceSpeakUp by die oop ruimte oorkant die brandweerstasie in die Kuisebmund-woonbuurt op Walvisbaai, hou. Die doel van die veldtog is om as ‘n gemeenskap te verenig om te marsjeer teen seksuele geweld, verkragting, geslagsgeweld en ander kwessies. Florence Tschisuku, ‘n menseregte-aktivis en stigter van Healingwounds, sê die stilte moet deur slagoffers van geslagsgeweld gebreek word.