Namibiese motocross-span se voorbereidings in die Kaap vorder baie goed
Namibiese motocross-ryers is in Kaapstad vir die Motocross of African Nations-kompetisie wat môre begin en Sondag tot ‘n einde kom. Namibië het ‘n 21-man-span met Zoë Waldschmidt wat die enigste roos onder die dorings is. Ingo Waldschmidt sê die voorbereidings is op koers.
Hy voeg by dat hulle kommer het oor die taxi-staking omdat hulle baie naby aan die gebied is. Een van die deelnemers van Botswana se motor is beskadig toe betogers hom met klippe bestook het.
Die span se deelname is moontlik gemaak deur borge soos Momentum, Kippies, MAN Autohaus, Dial-a-Meal, Aldstadt Restaurant en meer.