Namibiese ministerie van visserye ondersoek visvrektes

Die Namibiese ministerie van visserye het bevestig dat hul beamptes besig is om die water in die Walvisbaai-hawe en -strandmeer te analiseer om te bepaal of dit giftig is of nie. Dit volg ná visvrektes wat oor die naweek aan die kus aangemeld is. Dit is volgens kenners weens ‘n swael-uitbarsting en kom jaarliks voor. Die ministerie maan egter die publiek om nie aan enige dooie seediere te raak nie voordat die oorsaak van die visvrektes vasgestel is nie.