Sewe sterf in ontploffing in gebou in Frankryk

‘n Pasgebore baba is onder minstens sewe mense wat dood is in ‘n ontploffing wat ‘n brand veroorsaak het in ‘n gebou in die suidweste van Frankryk. Nog ‘n kind is onder die slagoffers, terwyl reddingswerkers na minstens nog twee vermiste mense soek. Minstens 30 mense is beseer of in ‘n toestand van skok nadat die voorval plaasgevind het op die grondvloer van ‘n gebou van twee verdiepings waarin ‘n kruideniersware-winkel was. Die brand het na omliggende geboue versprei. Die owerhede ondersoek nog die oorsaak van die ontploffing.