Namibiese maatreëls – kenner deel sy verwagtinge

Covid-gevalle het die afgelope tyd afgeneem na ‘n ongekende derde vlaag infeksies. In die buurland het President Cyril Ramaphosa ook inperkings effe verslap en President Hage Geingob sal na verwagting sy aankondiging Vrydag maak omdat maatreëls Saterdag verval. Kosmos 94.1 Nuus het met die plaaslike ekonoom en hoof van navorsing by High Economic Intelligence, Salomo Hei gepraat oor sy verwagtinge.