Inentings – so lyk Kosmos se peiling

Die meerderheid van Kosmos 94.1 se Faceboook-, Twitter- en toepverbruikers het reeds die inenting geneem. Die bevestiging kom na ‘n peiling wat op die drie platforms uitgevoer is. Op Facebook is net minder as 60 persent reeds gespuit terwyl 52,5 persent op Twitter ingeënt is. Op die toep het net minder as 50 persent bevestig hulle is geënt. Verbruikers wat weier het net meer as 18 persent van Facebook, 15,3 persent op Twitter en 26 persent op die toep verteenwoordig. Op Facebook moet 22 persent nog geënt word terwyl 32 persent op Twitter nog nie ingeënt is nie en net minder as 25 persent op die toep moet nog geënt word. 


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *